• Category: Household - Home Security and Safety - Safes and Locks
  • Condition: Used
  • Region: Gauteng - Pretoria
  • Published: 04/04/2018
  • Ad Type: Owner

Mutual Kluise - Top Kwaliteit

R 3 000 For Sale

Ek het top kwaliteit tweedehandse Mutual kluise beskikbaar vir halfprys. Die kluise was voorheen in gebruik deur Huntex. Uitstallers het saans hulle koopware daarin gestoor. Sedert 'n rukkie gelede word daar egter nie 'n Kaapse Huntex gehuisves nie. Hierdie kluise was in gebruik vir daardie ekspo. Dit is hierdie oortollige kluise wat nou te koop is. Daar is twee soorte. Elke kluis kom met twee sleutels. Soos u behoort te weet, is Mutual kluise van top gehalte. Hulle slotte word anders vervaardig, en hulle deure word met 'n harde plaat uitgevoer, wat slegs met baie spesiale bore oorval kan word, van daar die teesinnigheid van vele slotmakers om aan hulle te werk.

Die eerste soort het 'n kapasiteit van ses gewere, met 'n rakkie bo in die kluis. Die rakkie is verwyderbaar indien u gewere besonders lank is, en u meer spasie nodig het. Standaard lengte vuurwapens sal egter met gemak in pas. Ek stel hierdie kluis voor vir toegewyde jagters of sportskuts. Hierdie kluise prys tans nuut ongeveer R7 000. Ons laat gaan hulle vir R3 500, ononderhandelbaar.

Die tweede soort het 'n kapasiteit van drie gewere, sowel as twee handwapens of ammunisie of kosbaarhede, en 'n rakkie bo in die kluis. Soos in die geval met die eerste soort, is die boonste rakkie verwyderbaar. Ek sal hierdie kluis voorstel vir enige natuurlike persoon wat 'n beperking op wettige wapens het (d.w.s. vier vuurwapens, gewoonlik 'n handwapen, haelgeweer, en twee gewere). Hierdie kluise gaan tans nuut vir ongeveer R6 000. Ons verkoop vir R3 000, ononderhandelbaar.

Bel my gerus vir enige verdere inligting, of as u wil koop. Ek is beskikbaar op my selfoon: 076 318 7257 (bel gerus na-ure ook)
U kan my ook e-pos, maar verwag 'n trae antwoord. U kan e-posse stuur na: p.iv.debruin@gmail.com

  • Category: Household - Home Security and Safety - Safes and Locks
  • Condition: Used
  • Region: Gauteng - Pretoria
  • Published: 04/04/2018
  • Ad Type: Owner
Get Insurance

Contact Advertiser

By sending a reply to the advertiser, you accept our Terms Of Use and Privacy Policy.

Similar Ads on Junk Mail

Find even more on Junk Mail by browsing through the similar ads below.

Phone Email
Feedback