13.5 Ha Kleinhoewe Te Koop - Baie Water. Huis En W | Hartbeespoort, North West | Property for Sale
This item is no longer available
  • 13.5 ha Kleinhoewe te koop - Baie water. Huis en w
  • R 600,000
  • 18 Sep 2013
  • Hartbeespoort
  • Private For Sale
  • Web Site

Die Kleinhoewe is tussen Ottosdal en Harbeesfontein op die Boschpoortpad geleë. Sowat 21km vanaf Ottosdal wat die naaste dorpie is.
Hier is die google maps Ko-ordinate. As jy satellite maps kyk gaan jy die hele plek kan sien.
Latitude: 26 41 2.3748
Longitude: 26 10 2.8338
Die grond beslaan 13.5ha. Daar is 'n huis met 3 slaapkamers, 2 badkamers, sitkamer, eetkamer, tvkamer sonkamer en kombuis met groot spens. Daar is bietjie teelwerk nodig in die kombuis, maar daar is stoof en oond en ingeboude kaste. Geen kaste in die kamers.
Dan is daar 'n woonstel met 2 kamers, badkame, sitkamer en kombuis.
Verder is daar 6 honderhokke wat ek tussen 1000 en 1800 hoenders kan huisves afhangende van die eindproduk se gewig.Daar is jojo tenk by die hokke vir water voorsiening.
Een groot varkhok met 4 klein slaaphokke. Groot stoor met nog 3 klein vertrekke wat vir werkers kwartiere gebruik kan word. Daar is ook krag en donkie by die stoor.
Twee opgaar sement damme waarvan een onlangs gediens is en gebruik word vir besproeiing. Daar is 2 boorgate op die plaas. Een vir die huis, woonstel en tuine en een vir die honderhokke en damme. Daar was nog nooit 'n tekort aan water nie en albei boorgate se pompe is redelik nuut.
Krag word deur Eskom voorsien en daar is kragpunte by die stoor en hoenderhokke. Met gereelde besproeing beloop die Eskom rkening gewoonlik so R1000 per maand. Daar is geen ander munisipale rekeninge nie. Vullus moet self verwyder word na die dump in Ottosdal.
1 ha is reeds beplant met lusern en 'n verder 5 ha is gereed vir plant. Daar is spilpunte by die 6 ha en genoeg besproeings pype om al te besproei. Die res van die grand is nog natuurlike weiding.
Daar is skaapkraal met drukgang vir die skape en beeste vir op laai en aflaai en maak dit ook maliker as mens diere moet ent.
Die vorige eienaar en ons het heel goed 'n bestaan uit klein boerdery gemaak. Die prys is R600 000 en sluit die plaas implimente in. Daar is ou trekker (kort bietjie aandag maar in werkende toestand), hammermeul en luserncutter ( nuut) plus ander los goedere.
Ons is bereid om te verhuur vir R2500 per maand (vanaf end Sept 2013) indien 'n aanbod om te koop op die tafel gesit word.
Vir enige verdure inligting of om besoek te reel, kontak my gerus op my email of by 072 908 9871

082 2956226

Contact Advertiser

Member since : February 2014
By sending a reply to the advertiser, you accept our "Terms Of Use" and "Privacy Policy".